Stuck in Time?
Michelle has moved on.
... There is so much I could say now. No, no more snide remarks. No more attempts are hurting or getting a skew word in sideways. No more dirty tricks or trying to induce guilt. There is just the emptiness. I have to move on as well.
... There is so much I could say now. No, no more snide remarks. No more attempts are hurting or getting a skew word in sideways. No more dirty tricks or trying to induce guilt. There is just the emptiness. I have to move on as well.

2 Comments:
A reply to this and previous posts were posted at
http://www.tania.co.za/collective/blog.nsf/dx/20070324_depressie
Baie dankie vir jou antwoord op my noodkrete in die donker en onpersoonlike kuberruite. Ons het mekaar net vlugtig ontmoet, maar jy was bereid om tyd en oorweging te neem om my te help. Dit herinner my aan iets wat ek onlangs gelees het oor holocaust survivors en, tot 'n mindere mate, 'n gedig (wat albei, tematies, handel oor jou mede mens help) wat ons nog op skool behandel het. Maar dit is 'n ander keer se bespreking.
Voordat ek begin wil ek net vir jou sê dat ek respek en waardering vir jou a posteriori kennis van hierdie onderwerp het. Een van my grootste character flaws is egter dat ek baie eiewys en hardkoppig is. Jy sal maar self moet sien tot watter mate dit na vore gaan kom.
Ek glo nie dat my blog is 'n ?goeie? een nie. Baie van my posts is kripties en weergee min detail van hoekom ek voel wat ek voel, waar die gevoelens vandaan kom of waarom ek spesifiek iets deurmaak. Dit is gewoonlik omdat die oorsake en redes ander mense betrek en, alhoewel ek besef ek nie 'n groot leserstal het nie, ek bekommerd is iets kom ontydig by die verkeerde mense uit. My blog is hoofsaaklik vir introspeksie. As ek wou skryf oor spesifieke details, sou ek iets minder openbaar, soos 'n dagboek, gehou het. Die idee van my blog is dat dit 'n persoonlike behoefte aanspreek: dat ek wil hê mense moet my leer ken op 'n vlak wat hulle nie anders sou nie. Dit behels om af-en-toe jou siel te openbaar en 'n ongevraagde blik te gee op jou emosies en gedagtes. Aanvanklik was dit net bedoel vir die ?onbekende massas?, maar ek is nou meer gewillig om dit bekend te maak aan vriende en kennisse. In sekere vriendekringe word daar bloot nie oor sekere goed gepraat nie, maar 'n mense moet uiting gee aan wat op jou weeg. Ek kan nie dig of musiek maak nie, dus skryf ek. Ek kan op hierdie stadium nie die tyd en energie afstaan aan my skryfstyl verder te versorg en ontwikkel nie, dus moet ek maar skryf wat ek kan wanneer ek kan, al voel die werk na die tyd baie keer lomp en asof ek nie my doelwitte daarmee bereik het nie.
Depressie is nie net 'n rough patch waardeur jy gaan in jou lewe nie. Dit is die manifestasie van al die probleme wat jy oor die jare opgegaar het en nooit mee ge-deal het nie. My probleme gaar al van baie jare gelede af op en is baie meer divers as wat ek al op my blog geopenbaar het. Inderdaad, dit bou al vir meer as tien jaar lank op. Natuurlik was hierdie in my tiener jare en ek het redelik 'n langtermyn emosionele roller coaster gery. Byvoorbeeld, in retrospeksie was ek mislik in my laaste jare op laerskool (al het die laaste kwynende liggies van kinderlike onskuld en naiwiteit my darem met gelukkige tye verskaf). Hoërskool was weer goed vir my. Die laaste paar jare, wel, wissel maar van jaar tot jaar, maand tot maand en dag tot dag. Miskien sal ek dit beter kan opsom wanneer ek al verder weg daarvan af beweeg het. Familie probleme het in die laerskool begin, probleme in my geestelike lewe op hoërskool begin en, relatief onlangs, het ek kennis gemaak met verhoudingsprobleme. So bou alles oor die jare op en wag om toe te slaan wanneer jy kwesbaar is, soos om 'n stresvolle tyd in jou studies of werk te beleef (die ?trigger? waarvan jy praat). Ek glo darem dat ek 'n goeie begrip het van wat my probleme is en waar hulle vandaan kom. Die volgende stap sal natuurlik wees om hierdie probleme aan te spreek, maar dit lê soos 'n groot, intimiderende draak in my pad. Om eerlik te wees hét ek die jaar begin met die doelstelling om te begin ?huis skoon maak?, omdat ek toe van plan was om aan die einde van die jaar oorsee te gaan. Ongelukkig het ek nog nie by iets uitgekom nie.
Ek stem dus saam dat 'n mens moet werk aan die oorsake en nie net aan die simptome nie. Gegee dat almal deur die loop van hul lewens probleme en ?issues? optel, is dit nodig dat 'n mens, op een of ander stadium in sy of haar lewe, al daardie goed moet deurwerk en opklaar. Dit is, byvoorbeeld, waarom mense voorhuwelikse berading moet deurmaak voordat hul 'n groot, nuwe hoofstuk in hul lewens begin (hierdie sin is nie spesifiek op jou gemik nie, Tania, ek praat net in die algemeen). Ek het op 'n stadium begin met berading, maar dit nie deurgesien nie en vroeg uitgeval. Ek erken egter dat dit nodig is. Is ek egter in die bevooregde posisie waar ek bevriend is met 'n baie goeie berader en nie noodwendig na 'n vreemdeling toe moet gaan vir hulp nie. Dit was hierdie einste vriend wat vir my die quote in my jongste blog post gestuur het, maar, ongelukkig, lewe ek met sulke tonnelvisie oor wat ek moet doen en waarheen ek op pad is dat dit vir my moeilik is om tyd te maak vir wat effektief die belangrikste aspek(te) van my lewe is.
Dwelms: ek is nie mal oor die idee om medikasie te neem nie. Ek erken dat dit nodig is vir sommige mense, maar ek voel dat ek darem nog nie al daar is nie. My broer is 'n goeie psigiater, so ek sal weet waar om goeie, betroubare advies in verband met hierdie saak te kry. Ek sal dus ook nie sommer enige moeti neem nie. Wat ek egter sê is dat ek nie glo dat ek tans aan kliniese depressie ly nie (daarom die ?mild? beskrywing daarvan). Ek is seer oor sekere goed en ek is baie gestres oor my studies, maar met daardie mal week after my sien ek uit na die volgende twee of drie weke, al weet ek dat ek gou genoeg weer onder werk begrawe gaan word.
Maar dalk is ek verkeerd. Ek weet nie wat die simptome van kliniese depressie is nie en, met so baie ander dinge in die lewe, voel ek moet ek die lewensgevaarlike ?ignorance-is-bliss? benadering neem. Dit is so, omdat ek manies is oor my studies klaar maak. Die bom wat dit effektief is, is effens groter as wat ek aanvanklik verwag het. Ek het geweet die gaan baie werk wees, maar omdat ek op die oomblik 'n groter werkslading as my medestudente het, voel dit asof ek verdrink in dit alles. Die implikasie is dat ek permanent met 'n swaard bo my kop lewe, omdat ek dalk 'n vak sal moet los net om te kan oorleef. As dit gebeur, sal dit egter tragies wees, want dan was 'n hele kwartaal se (addisionele) stres en uithou verniet. Ek probeer dus so ver as moontlik nét fokus op klaarmaak. Om uitvind te van 'n mediese kondisie wat dringende aandag sal vereis sal bloot 'n addisionele stres wees, omdat ek tyd en energie aan die ?behandeling? sal moet afstaan. Dit voel na 'n bose en dodelike kringloop, maar ek is darem nog nie dood nie.
Die gedagte van 'n moontlike ondersteuningsnetwerk is iets wat ook, in ditself, 'n probleem is. Daar is probleme in my familie op die oomblik. Ek glo nie dat ek nié daar ondersteuning sal vind nie, maar ek voel asof ék die een moet wees om daar ondersteuning te verleen. Dalk kan dit egter albei kante toe werk. Wat my vriende betref, weet ek nie. Ek wil nie iets slegs oor hulle sê nie, so ek gaan net sê dat ek eerlik waar nie weet hoeveel ondersteuning (indien enige) ek van meeste van hulle sal kan verwag nie. Ek het nie 'n ?beste vriend? per se nie. Dit is deels waarom die beëindiging van my verhoudig so erg was, want ek het my grootste confidant en steunpilaar verloor (ons probeer 'n vriendskap nou opbou, maar dit sukkel op die oomblik).
Om jou honneurs te doen verseker dat jy omring is deur mense wat voel soos jy voel en nie probeer voorgee dat die lewe net blommetjies en blou lug is nie. Maar dit is net 'n anecdotal aside.
Ek wil net weereens vir jou baie dankie vir jou belangstelling en insae sê! Ek waardeer dit baie.
Post a Comment
<< Home