Die Berg
Ek slaan my oë op na die berge. Waarvandaan sal my hulp kom? My hulp kom van Ha Shem af, wat die hemel en die aarde gemaak het. Hy sal my nie laat struikel nie. Ek slaan my oë op na die berg. Dit is dieselfde berg wat ek ditself in die see laat probeer gooi. Ek probeer en ek probeer totdat ek plat teen die grond lê: bloed vorm op my voorkop en loop teen my wange af. My eie vingers deurboor my handpalms. My tande kners. Ek lê en ek snik, maar steeds bly die berg staan. Dan besef ek die redes waarom die berg bly staan. Indien die berg in die see sou verdwyn, sou ek spyt kry, want dit gee aan my gemoedsrus. Ek sal spyt wees dat ek 'n vinger teen Ha Shem se skepping gelig het. Dan, daar waar ek lê, raak ek aan die slaap. Nooit koud, nooit nat en nooit honger nie. Ek slaap onrustig; wanneer sal ék iemand teen die berg op lei? Wanneer sal ek iemand na die beloofde land lei? Of selfs na 'n bord kos en 'n kombers? Waarom is ek 'n skaap? Hoe lank gaan die Skaapwagter se geduld nog met my hou?
Baruch Ha Shem Yeshua Ha Mosiach. Amen.
Baruch Ha Shem Yeshua Ha Mosiach. Amen.

0 Comments:
Post a Comment
<< Home